Country in Afrikaans en Pieta Venter Uitgewerswese
Country in Afrikaans (CiA) is ’n musiek styl waar moderne Country musiek in Afrikaans geskep word. Ons fokus op oorspronklike liedjies met internasionale klanke, melodieue en vol storie. Van intieme akoestiese sessies tot energieke verhoogoptredes, bring ons ’n unieke Country ervaring na feeste, funksies en spesiale geleenthede. Benewens "live" vertonings bied ons ook professionele liedjieskryf en musiekproduksies aan, asook besprekings en promosiepakkette wat jou geleentheid help uitstaan. As jy op soek is na vars, egte country in jou moedertaal, is jy op die regte plek. Pieta Venter is 'n voltydse onafhanklike, selfgepubliseerde musikant, sanger, liedjieskrywer, musiekvervaardiger, en Uitgewer wat woonagtig is in Hibberdene op die Suid Kus van KwaZulu-Natal in Suid Afrika. In 2015 het hy sy sang loopbaan afgeskop en tot en met 2020 het hy sewe albums opgeneem en vrygestel, waar daar onlangs meer as 140 nuwe liedjies op meeste van die digitale musiek platforms wêreldwyd geloots was. As solo-kunstenaar, musikant en sanger bemeester sy stem nie net Country musiek nie, maar ook 'n verskeidenheid van 70's, 80's, Reggae en Afrikaanse Sokkie musiek genres en vermaak hy die publiek van verskillende ouderdomsgroepe en verskeie gehore. As Liedjieskrywer skryf hy ook self nuwe materiaal vir ander sangers en skep modules vir hulle administrasie. Pieta Venter Uitgewerswese sorg dat alle nuwe materiaal wat vervaardig word vir beide homself en vir ons klante behoorlik gelisensieerd en geregistreer word by RiSA, Samro, Sampra en Capasso asook die indiening van nuwe werke by SABC radio en TV biblioteek. Verder administreer ons ook die tantieme van die regtehouers.